Monday, June 13, 2011

LIEFLING, BOBBY VAN JAARSVELD, KOM KUIER IN DIE KAROO


Suid-Afrika se nuwe liefling, Bobby van Jaarsveld, kom kuier die 15de Julie 2011 by die Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees in Somerset Oos.

Die talentvolle kunstenaar spog nie net met ‘n hoofrol in die Afrikaanse Musiekrolprent, Liefling – Die Movie nie, maar ook met die titel van enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat 11 toekennings in 10 maande kon verowever.

“Ek is baie geseënd. Ek leef my droom en is baie bevoorreg dat ek saam met van die beste mense in die musiekbedryf kan werk,” sê Van Jaarsveld, wie se dubbel platinum album Net Vir Jou tans op die rakke is. Die album is ook in 2010 aangewys as die Beste Afrikaanse Pop Album by die SAMA’s.

Met sy nederige, innemende persoonlikheid en skaam glimlag het Bobby in sy aanhangers se harte ingekruip en in Januarie 2010 is hy dan ook as die kykers van DKNT (‘n musiekprogram op KykNet) se Gunsteling Kunstenaar vir 2009 aangewys.

No comments:

Post a Comment