Friday, July 22, 2011

125 Jaar Later...

By dié jaar se Biltongfees het die mense van Somerset-Oos nie net die mondigwording van die Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees gevier nie, maar ook ‘n unieke mylpaal van ‘n geliefde familie en besigheid van die area.

Die Somerset Budget koerantgroep is een van die hoof media borge van die Biltongfees en publiseer jaarliks ‘n Feeskoerant wat nie net die Feesprogram bevat nie, maar ook stories en inligting oor die kunstenaars, stalletjies, munisipaliteit en mense van die area.

2011 is ‘n besondere jaar vir die Van Der Walt-familie wat al vir drie generasies aan die hoof van die plattelandse koerantgroep is. Die Somerset East Budget het sy deure in 1886 oopgemaak en deur die jare van krag tot krag gegaan. Huidig verskaf die koerantgroep kontreinuus aan Cradock (Cradock Courant), Middelburg (Middelburg Courant), Somerset-Oos (Somerset Budget), Adelaide en Winterberg (Winterberg Nuus), en Fort Beaufort (Fort Beaufort Advocate).

Riaan (links) en Albert (regs) van der Walt. Albert is die huidige eienaar en redakteur en word bygestaan deur sy seun Riaan.

Die bemarkingspan van die Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees wil graag hiermee hartlik geluk sê aan die Somerset Budget koerantgroep vir die unieke mylpaal en ook baie dankie vir hulle hulp en ondersteuning met die bemarking van die Fees.

No comments:

Post a Comment